Ek vang myself gereeld dink aan
wat kon wees
ek
jy
ons
Nee, dis nie ‘n liefdes brief, meer soos ‘n smeek gedig. Ek wens jy was nog hier.
Ek sou jou vra oor jou dag
seker maak jy het iets om oor te glimlag
Ek sou graag jou trane afvee
langs jou loop, elke tree
Ek sou saam jou teen jou demone veg
ek sou jou asem met ‘n soen steel, maar dis reeds weg.
Jy los ‘n leemte binne my
ek wens jy het nie nodig gehad om te baklei
Net nog een keer sou ek
jou
wou
vashou
Jy het jou merk in my lewe gelos, en ‘n plek in my hart oorgeneem.
Ek is bly jy is gelukkig nou, maar wat het dit gekos.
Ons tyd was kort, ek wil nog met jou praat elke dag.
Die verlange en hartseer loop diep
maar
ek hoop jy rus sag.
