Vasgevang
vrywillig ‘n kluisenaar in die diepte van jou oseaan oe
wat het ek gedoen om dit te verdien
Verdrink
elke sekonde, minuut, oomblikke van geluk as jy vir my kyk
ek kan niks anders om my sien
Onbekend
die effek wat net jou staar op my het
nog nooit wou ek so graag iets he
Onbeskryfbaar
mooi, asemrowend, uniek, meer woorde as sand in die see
jou oseaan oe, daar is niks meer om te se
